Sloep

'n Sloep met groot- of agterseil (A) en voorseil (B)
Die verskeidenheid seilskepe, waarna as sloepe verwys word, is vir die leek soms verwarrend. Naas die klein seilboot met een mas was daar ook 'n verskeidenheid seilskepe met twee of drie maste wat as oorlogskepe (sloops-of-war) ontwerp is. Die Bermuda-sloep Spirit of Bermuda is in 2006 as 'n namaaksel van 'n oorspronklike Britse oorlogskip, 'n sloop-of-war, in die Verenigde State gebou. Dit dien as opleidingskip vir die Bermuda Sloop Foundation in Hamilton, Bermuda-eilande

Die term sloep (Engels: sloop, Nederlands: sloep, Nederduits: Schlup) verwys tans na klein seilbote (jagte) vir watersportdoeleindes in kuswaters, met 'n enkele mas en 'n langsskeepseil (voor- en agterseil).[1][2][3] Omdat sloepe danksy hul hoë maste en driehoekige seile baie vinnig windop kan seil, was hulle 'n gewilde boottipe vir seerowers in die Karibiese See wat ná 'n aanval vinnig moes vlug.

  1. American Sailing Association: What’s in a Rig? The Sloop. Besoek op 13 September 2020
  2. "Treffpunkt-Ostsee.de: Segelschiffe - Slup, Schlup, eng. Sloop. Besoek op 13 September 2020". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Oktober 2020. Besoek op 13 September 2020.
  3. Segeln360.de: Einmastige Yacht mit zwei Hauptsegeln: Die Slup. Besoek op 13 September 2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search